Sunday 4 December 2011

Karlien en Mariana

Vrygewigheid!
Lukas 6:38, eenvoudig, geen verdere verduideliking nodig nie. Ons glo daarin en verstaan die beginsel.  Ons gee nooit regtig sonder om mildelik te ontvang nie. Ons kry gewoonlik meer uit die lewe as wat ons gee, tog hou ons nie altyd by die reёls nie. Hoekom nie? Om weereens te sien of Die Boek reg  is?  Dit is, ons weet, maar ons toets oor en oor en word weer en weer herinner; Gee, en jy sal ontvang, in goeie maat. "Ingestamp,geskud en propvol sal julle in julle hande kry"
Karlien en Mariana, 'n geskenk van iemand vir wie ek nooit gegge het nie. Presies wat ek op die spesifieke tydstip nodig gehad het.   Ons nuwe kaas besigheid 'n noodsaaklike hupstooitjie gegee. Twee pragtige Jersey verse vernoem na twee statige dames van die Overberg. Nogal baie in gemeen, die vier meisies. Asof dit nie genoeg was nie, kry Karlien en Mariana 'n geleendheid Karoo toe ook.  
Ek wil graag by die reëls bly! Ek weet en verstaan wat die gevolge kan bring. Help my Jesus.
Dankie oom Cyril, dankie John, dankie Kootjie. Mag julle glase altyd oorloop. Baas Jack

No comments:

Post a Comment