Friday 21 October 2011

Wat se ge-blog?

Die "geblokkery" pla my nou al vir 'n geruime tyd. Hoekom sal iemand nou sy of haar eie lewens ervaringe met ander wou deel? Odd, baie odd vir my. Ons 3tjies, ek, die vroutjie en klein "brat" kom een aand laat van die bure af met die ou plaas motorfites. Halfpad huis toe, koud en vaak,  by die tweede plaashek om presies te wees, stop pa vir 'n pee. Geen mens kan 'n "Castle" vir so lank inhou nie. Met die maan wat die nag verlig, gebruik ek die paar sekondes om te mediteur. "Is die kombinasie van nag en lig nie iets buitegewoons mooi  nie?" vra ek myself. Toe ek omkyk sit die res van die familie kaalgat in die maanlig besig om dieselfde te doen. Hulle sê mos pie-pie is aansteeklik.
Ons is 5 minute later by die huis. Die klein Brat bed toe en ek en vroutjie gooi 'n laaste glasie goeie rooi. En dis toe wat ons besluit, ons wil blog. Blog vir onsself en as iemand dit ooit wil lees, fine.   Baas Jack

No comments:

Post a Comment