Monday 7 November 2011

I can't find my socks!!


Ons klein Anna "The little Brat" kan van die gelukkigste, liefdevolste bondel vreugde, verander na 'n klein heksie wanneer sy soek na iets wat sy nie kry nie. Altyd iets onbenullig!  Haar sokkies byvoorbeeld. Dis nooit weg of verlore, maar genoeg om haar oningewikkelde lewetjie totaal te verander. Soos sy dit stel " My whole life is ruined" So is dit met die Barbie se skoene, haar "lunchbox" vir skooldag en honderde ander items. Dit is oorlog wanneer so iets gebeur.  Vroutjie hardloop by die agterdeur uit en ek by die voordeur. Terwyl ek en Brattex daaronder lei, besef ek. As dit maar net al is wat haar so hoef te onstel in die lewe, laat dit so wees. Solank ons kan voorkom dat erger dinge oor haar pad kom, sal sy veilig wees. Ons kan egter niks waarborg nie. Ons paaidjie is mooi voorbery vir ons, maar die ertvark kan besluit om sy gaaitjie te grawe waar ons dit die minste verwag. Voorbereiding, of om voorbereid te wees, sal jou nog baie hartseer spaar Anna. Voorspoed en sterkte met al jou slaggate. Wees voorbereid!:  Baas Jack

No comments:

Post a Comment